Sal jy Borskanker finansieel oorleef

BorsK

Borskanker – ‘n woord wat instinktief ‘n diepgewortelde angs wek. Naas velkanker, is dit die mees algemene kanker onder vroue. In die stryd om teen borskanker te veg het jy vriende, familie en gespesialiseerde mediese sorg nodig. Bo en behalwe wat jou mediese fonds betaal, het jy ook geld nodig vir al die indirekte uitgawes tydens jou hersteltyd. Die Old mutual GREENLIGHT ernstige siekte-voordele verskaf dekking met ‘n belastingvrye kontantbedrag as jy met borskanker gediagnoseer word, selfs al is dit in ‘n vroeë stadium. Dit gee vir jou die gemoedsrus om op jou herstel, eerder as op jou finansies, te fokus. Kontak my gerus as jy meer wil uitvind oor ons ernstige siekte-voordele.

Lees Meer….

Borskanker kom al hoe meer voor by vroue van alle rasse en ouderdomme. Meeste van ons weet van

iemand wat deur hierdie ernstige siekte geraak is.Party hoef dalk net ‘n knop te verwyder; ander moet

rekonstruktiewe chirurgie ondergaan. Die vrees vir borskanker is so groot dat vroue met ‘n hoë

risiko selfs pynlike en duur voorkomende chirurgie ondergaan.

Om terug te veg is ’n fisieke en geestelike uitdaging en daar is natuurlik ook finansiële implikasies. Die mees ooglopende koste is die mediese uitgawes. As jy ’n mediese fonds het, sal dit van die uitgawes dek: dokters, hospitale, x-strale, chemo, en miskien selfs ‘n paar fisio-sessies ná die operasie. Maar jy sal waarskynlik ander ekstra uitgawes hê, selfs al het jy ‘n goeie mediese fonds.

Daar is baie indirekte kostes wat nie uit die staanspoor duidelik is nie soos die verlies aan inkomste, veral  is jy vir jouself werk; herkonstruksie; moontlike langtermynterapie terwyl jy die verlies van jou borste verwerk. Die meeste mediese fondse dek nie hierdie uitgawes nie. Ook nie die bykomende koste vir ekstra hulp terwyl jy tuis herstel nie. Kortom, daar is talle onbeplande uitgawes as jy ‘n ernstige siekte soos borskanker kry.

Vroue is so goed daarmee om na ander mense om te sien, maar kyk nie altyd so goed na hul eie  welstand nie. Neem sommer nóú dié stappe om jou te help om borskanker te hanteer indien jy dit

sou kry.

  1. Maak so gou moontlik ’n afspraak by jou dokter vir ’n ondersoek.
  2. Neem dan ernstige siekte-dekking uit asook dekking vir verlies van inkomste. Die uitbetalings kan jou help om te fokus op jou stryd om gesond te word sonder dat jy jouself hoef te bekommer oor hoe jy daarvoor gaan betaal.
  • Die Old Mutual ernstige siekte-voordele betaal ’n belastingvrye kontantbedrag uit
  • . Dit dek selfs borskanker wat op ’n vroeë stadium gediagnoseer word. Betaal met diagnose uit, ongeag jou prognose.
  • Dit gaan ook baie help as jy ’n maandelikse inkomste van die voordeel vir tydelike verlies van inkomste ontvang wanneer jy nie kan werk nie. Dit is nie moontlik om te voorspel hoe lank jy in die hospitaal gaan wees en hoe lank dit gaan neem om geestelik en fisiek te herstel nie. Maar dat jy tyd gaan nodig hê, is ’n feit.

Beskerm jouself teen daardie onverwagte gebeure van die lewe.

Kontak my by 0799064858 of e-pos jhvanderwalt@oldmutualpfa.com

Alternatiewelik kan jy my kontak deur die vraelys hieronder te voltooi en te stuur.

Tagged: , , , ,

Leave a comment